Ons het heerlik gebly in hierdie eenheid!
Die Bosveld-uitsig is pragtig en sorg vir ’n baie rustige en aangename atmosfeer. Die eenheid was skoon, netjies en baie goed toegerus met alles wat ons nodig gehad het.
Die kamers en badkamers was besonders netjies en goed versorg. Die skottelgoedwasser was beslis ’n bonus en het die verblyf sommer nog geriefliker gemaak.
Ons het die verblyf baie geniet en sal beslis weer hier kom bly. ’n Baie lekker plek om te ontspan en die Bosveld te geniet!