Ons is sentraal gelee en n druppel petrol van alles af. Ons het onderdak parkering en n sekuriteitswag. Die erf is so veilig as wat n mens dit kan maak.
Pierre en Londiwe is mal oor kook en het n baie goeie reputasie opgebou in die kombuis. Ons praat en leef kos en probeer soveel nuwe resepte as moontlik Natuurlik word dit beperk binne die raamwerk van huiskos. Bespreek aandete voor 13h00 en deel met ons n gesellige aandtjie.
Ons het 3 standaard Franse poedles en een miniatuur poedel wat so oud is soos die berge. Die honde loop saam met my en spandeer net tyd met gawe gaste. Verder pla hulle nie.
Ons kamers lyk soos op die web tuiste, gemaklike beddens en ruim. Die kamers het en suite badkamers, lugversorgers, wifi, dstv, en koffie maak fasiliteite.
Ons het n groot stoep waarop almal kuier en die land en kerk se probleme oplos.
Ek en Sorika het al batenommers in Ladysmith. Ons ken die wereld. Ons is gelee op die Anglo/Boere oorlog roete, ons is 70 km van sentraal Drakensberg (waar daar baie gebeur) en 20 km van die Big 5 by Nambiti Conservancy. Ons is 3 en n half ure van Gauteng en 2 en half ure van Durban.
Ons is gemaklike mense en hou van ander gawe mense, as jy n behoefte het om n rustige aand in Ladysmith te spandeer probeer ons, ons het enkel kamers, deel kamers, familie kamers, en n selfsorg eenheid.
Ons hou van ons werk en sal jou graag wil laat tuis voel.
Ladysmith Bed & Breakfast Accommodation • Ladysmith Sleeps 10 or More Accommodation • Ladysmith Wedding Venue Accommodation • Ladysmith Conference Venue Accommodation • Ladysmith Guest House Accommodation
Klik op die blou knoppie op die bladsy van 'n eiendom en ontvang kennisgewings sodra hulle 'n spesiale transaksie plaas!